Welkom by die webblad van die TOYOTA 4X4 Eienaarsklub

In afwagting - ons volgende uitstappie!

Hou hierdie bladsy dop vir inligting rondom beplande uitstappies.


Gesels met
Pierre Dellemyn by 082 446 3605 of e-pos: susan@auditworks.co.za 

Hy sal jou kan vertel dat ons ekskursies gewoonlik afloop met 'n "Wanneer is ons volgende wegbreek?! Ek wil weer saamgaan!" 

Dit is gekonsentreer op ons ons Missie:
Om families in staat te stel om 4X4 voertuie verantwoordelik in die natuur te gebruik. 

Moenie uitmis op die geleentheid om ons land te verken in die veilige omgewing van mede 4X4 bestuurders wat dieselfde idee het in terme van bewaring en 'n ewige behoefte om plekke te besoek wat andersins vir gewone voertuie nie toeganklik sou wees nie. 

Koordineer gerus jou dagboek met ons kalender en bespreek jou plek vroegtydig! 
Baie van die uitstappies het 'n beperking op die hoeveelheid voertuie wat saamgaan. Die rede hiervoor is twee-ledig: 
Beperking vasgemaak deur die destinasie wat besoek word en dan ook, ons wil nie noodwendig 'n groot getal mense saamvat wat op die einde van die dag 'n nagmerrie word in terme van logistiek nie. Dan verloor jy die intieme ervaring wanneer ons saans om die kampvuur sit en kuier. 

  Dokumentasie   |   Hoofblad   |   Kalender   |   Komitee   |   Kontak Ons   |   Nuusbrief